Nie te lank gelede, het ek Gary Van Aswegen ontmoet, toe hy in my stoel beland deur een van my beste vriende en sekerlik my grootste persoonlike adverteerder Pieter Louw:) Kort daarna het ek Gary se aanstaande Charmaine van Aswegen ontmoet en toe ek my weer kom kry is ek deel van die pop-up squad toe Gary vir Charmaine vra om te trou. Hulle twee se liefde vir mekaar is aansteeklik en werklik ‘n voorbeeld dat alles moontlik is wanneer twee mense op hul kniee bly voor God . Dit was lekker om deel te kon wees van julle begin asook die toekoms wat wag:)